Welcome to Suidpunt Deep Sea Angling Club!

Suidpunt Deep Sea Angling Club is situated at Struisbaai and about 6 Km from the tip of Africa.
The Agulhas Banks, stretching up to 150 N/miles south of Cape Agulhas, produces some of the best fishing in
South Africa all year round.
With huge Striped Marlin, Black Marlin, Yellowfin Tuna, Yellowtail, Garrick, Red Steenbras within range of
Struisbaai Harbour we naturally also host some very popular Angling Competitions.
Our club strives to promote the Sport of Deep Sea fishing, develop young anglers, and conserve our ocean.
ALMAL IS
HAPPYdeur Neil Bezuidenhout
Die 2012 Hengel seisoen is so te sê op n einde wat pelagiese spesies betref, maar sal onthou word as een van die
betere seisoene die afgelope tyd.
Tydens die Februarie Marlyn toernooi is daar gebaljaar onder die Marlyne, en het die 45's nou ook n teiken area
na vore gekom. Daar swem egter seker omtrent 300 marlyne rond met seer bekke weens die geweldige hoe "On Off" en
"Lost it" gevalle van meeste van die bote wat daar buite was.
Steeds is n totaal van 46 Marlyne, meestal Gestreepde Marlyn (
Tetrapturus audax) GEVANG EN LEWENDIG vrygelaat!

Dit bewys ook dat sport hengel in alle fatsoene seker die grootste finansiele
inspuiting aan Struisbaai en omliggende gebiede skep. Alle plaaslike sake instansies het hierby baatgevind, en
so het almal n bydrae gelewer om Struisbaai en L'Agulhas aan besoekers te bemark.
Daar is na afloop van hierdie toernooi nog heelwat Marlyne gevang deur plaaslike bote, en n moontlike 1000
ponder is op die 12 myl bank verloor na n geveg van 1 uur en 45 minute.
Die laaste Marlyn wat gesien is was op die Krom, en slegs n week terug in vroëe April.
Heelwat Tuna, Geelvin, Skipjack, Katonkel word ook oral gevang, en dit is nog steeds n belewenis om
duisende voëls hier teen die kuslyn voor Struisbaai te sien baljaar onder die Anchovies, met "Skippies", Elf, en
Leervis tussenin!
Intussen het die Geelstert sommer heelwat gebyt op al die banke, en was vol "Tallies" aan die orde van die
dag.
Die vis was sover hierdie jaar kleiner as gewoonlik, met net hier en daar n paar grotes in die 16 kg klas.
Die jigs het hierdie jaar weer gewys dat Geelstert se kind n jig net eenvoudig nie kan uitlos nie! Selfs die
gehardste Commercial vissermanne erken al dat Jigs baie goed werk en soms n aaslyn "outperform"
Sommige gelukkige bote het op drywende voorwerpe afgekom en was vergoed met mooi Dorado's. Hierdie pragtige
visse word soms in hul duisende gewaar terwyl hulle rustig stroom opswem reg onder die boot, en het verskeie
skippers al teen die mure uitgedryf het omdat die "don$ers" eenvoudig net soms nie wil byt nie! Dit is egter totale
chaos op enige boot as hulle wel begin byt.
Intussen het die vloot Chokkabote die aftog geblaas nadat hulle heelwat chokka gevang het op die Goudmyntjie,
Blougans en 12 Myl bank. Dit is debateerbaar of hulle ons visbron beinvloed of nie, met skerp ligte snags en swaar
ankers wat die bodem struktuur beskadig. Daar was n paar gevalle waar Chokka skippers rapporteer het dat tot 4
Marlyne om hul boot swem en duidelik sigbaar in hul ligte is. Geelbek, en Geelstert was ook gereeld tussen hierdie
Chokka bote gevang, asook n paar Marlyne bedags!? So die vraag is, lok hulle vis, of jaag hulle dit weg deur te
kompeteer vir n belangrike voedselbron in hierdie ekosisteem?
Ja, 2012 is n goeie jaar, almal is happy, selfs die Weskus en Kaapse Commercials wat hul bote hierheen gebring
het, met crew en al om geld te spend VIS TE VANG, en om ons te vloek op die 12 Myl bank, is happy ......
Almal is happy.
RECENT PHOTOS
See the recent albums here
Please send us some more photos to add to these albums.
Please ensure that the photos are not bigger than 560x400 pixels, and correctly named.
|